WAT GEBEUR...
No events
Soek hier
Besoekers
mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag346
mod_vvisit_counterGister127
mod_vvisit_counterDié week346
mod_vvisit_counterVerlede week780
mod_vvisit_counterDié maand3027
mod_vvisit_counterVerlede maand8786
mod_vvisit_counterAlle dae548031

We have: 1 guests online
Jou IP: 38.107.179.212
 , 
Communitas
Gemeentes wat hulle roeping ontdek en hulle gawes ontsluit
Banier

Laat Jesus jou storm stilmaak

Laat Jesus jou storm stilmaak

Matt 14: 22-26

Ek was oor die afgelope paar jaar bevoorreg om tydens besoeke aan Israel in die Voetspore van ons Here te stap.  By een van daardie geleenthede het ons aanboord van ’n houtboot by Kapernaum gegaan om op die See van Galilea te seil vir ’n uur van stille oordenking.  Toe ons uit die hawe seil, het ’n ligte briesie opgesteek en teen die tyd dat ons die middel van die See bereik het, het die wind baie sterk gewaai.  Ons het heeltemal wind-op geseil en omdat die wind so sterk was, het dit ’n storm in die kleine veroorsaak.  Die golwe en deinings het bykans twee meter hoog geword.  Die water het in die boot ingespoel en nodeloos om te sê, ons was papnat.

Met die wete dat ons nie sou kon stop om stiltetyd te hou nie, het ek die ervaring om in ’n storm op die See van Galilea te wees, geniet en begin dink aan die twee storms op die See van Galilea en oor die lesse wat ons daaruit kan leer.  Verskeie dinge het in my gedagtes opgekom.  Ek het gedink aan die storms van die lewe of die gebeurtenisse en uitdagings wat oor ons pad kom en wat ons as Christene vandag ervaar en beleef as ‘n storm.  Dinge wat stres en spanning veroorsaak en selfs lei tot onnodige bekommernisse, moegheid, en selfs uitputting en  depressie.  Dit kan wees agv gesondheidsprobleme, die afsterwe van ‘n geliefde, eensaamheid, werksdruk en spanning, finansiële probleme, ens.  As ons die Bybel lees, kom ons agter dat ons al die ‘storms’ wat ons ervaar kan indeel in twee tipe storms.

Die Storm van Teregwysing, wanneer God ons dissiplineer.  Jona was in ’n storm omdat hy ongehoorsaam was aan God en moes tereggewys word.  Jona het nie van die opdrag gehou wat God hom gegee het nie.  God het hom beveel om sy tuisland te verlaat en na die stad Nineve te gaan – ’n vyandige en bose sentrum van afgodsaanbidding.  Daar moes Jona die mense waarsku oor God se komende oordeel en hulle oorreed om te bely.  Die Hebreeuse mense het die mense van Nineve gehaat, dus het die rebelse profeet in die teenoorgestelde rigting gevlug met die hoop dat God vir hom ’n ander opdrag sou gee wat meer in sy smaak sou val.  Jona is deur die storms rondgegooi en het selfs in die maag van ’n vis gereis vir drie dae.  Alles wat met hom gebeur het kon vermy gewees het as hy maar net geluister en op God se bevel gereageer het.  God het Sy opdrag herhaal en Jona het dit uitgevoer. God het vir Jona tereggewys omdat die Woord van God nie leeg sal terugkeer nie (Jes 55).

Ervaar jy tans ‘n storm van teregwysing? Is daar dalk ‘n opdrag van God wat jy weet waaraan jy nog nie gehoorsaam was nie of selfs doelbewus geїgnoreer het. 

Die Storm van Vervolmaking, is wanneer God ons help om te groei in ons geloof, vertroue en verhouding met Hom.  Jesus het sy dissipels tweekeer op die See van Galilea in ’n storm getoets.  By een geleentheid (Matt 8) was Hy by hulle in die boot tydens die storm en tydens die ander geleentheid (Matt 14) het Hy hulle van die kruin van die berg af dopgehou en vir hulle gebid.   Ons almal gaan deur tye waar dit lyk of net mooi niks reg loop nie en ervaar stres, spanning en druk.  Hou goeie moed en moenie vrees nie (Matt 14: 27). Die dissipels was in die boot en in ’n storm omdat hulle die Here en sy opdrag gehoorsaam het om oor te vaar na die anderkant.  Het Jesus geweet die storm was oppad?  Natuurlik!  Het Hy hulle met opset in die storm ingestuur?  Ja!  Hulle was veiliger in die storm terwyl hulle Hom gehoorsaam as om saam met die skare op die strand te wees buite Sy wil.

Hierdie ervaring van die dissipels kan vir ons ’n groot bemoediging wees wanneer ons deur die storms van die lewe gaan.  As ons besef dat ons in ’n storm van teregwysing is, is dit tyd om te bely en terug te keer na die vorige opdrag wat God ons gegee het en die storm sal verander na ’n storm van vervolmaking.  As ons onsself midde in ’n storm van teregwysing of van vervolmaking bevind, kan ons gerus wees dat:

-          Hy dit toegelaat het en my op hierdie plek gebring het

-          Hy deur Sy Gees met my is (net soos Hy in die boot was)

-          Hy my bewaar

-          Hy vir my bid

-          Hy na my toe sal kom op die regte tyd

-          Hy in my dit sal bereik waarvoor hy die storm bedoel het (teregwysing/vervolmaking)

-          Hy my sal deurhelp

-          Hy Sy doel en einddoel sal bereik

Dus my vriend, soms is die golwe en storms van die lewe bo-oor ons, of dit voel ten minste so.  Onthou, as die uitsig swak is … probeer opkyk en besef dat Hy nog daar is en dit in ’n oomblik kan verander … net sodra Hy sy doelwitte bereik het.   

Dr Francois Carr

Laas Opdateer (Donderdag, 18 November 2010 15:31)

 

Add comment


Security code
Refresh

Find the Best Web Hosting which offers reliable service and top quality support
Nuutste kommentaar
  • Baie geluk met julle pragtige webtuiste mag julle ...
    By Frederick
  • Dit sê nie juis veel nie, maar dit was seker die 1...
    By Niel
  • Die saalkerkgangers sal bietjie sukkel om bogaande...
    By Niel
  • sleg in kaap
    By charl
  • Lekker in kaap :-*
    By charl
Lewenswaardes
Lewenswaardes||Bakens na ‘n nuwe wêreld!
Gemeentes wat hulle roeping ontdek en hulle gawes ontsluit
  • Zuma ontken die vrug van medemenslike Christene
    President Zuma se respek en waardigheid kwyn nog verder met sy onlangse uitlatings oor Christene. Hy toon geen insig in die heersende sosio-ekonomiese tydgees nie. Sy begrip vir die snel...
  • 'n Mensgerigte ekonomie broodnodig vir Suid-Afrika
    "Musemgo a nga langutiwi nonweni." Tsonga-spreekwoord - (Jy kyk nie in die mond van die melkman nie.).

    Suid-Afrikaners, woon in 'n land met 'n dominante Westerse kultuur, ons  is as 't...

  • Wanneer mense God wil word
    Waarom het ons die land verloor? Wat het verkeerd geloop dat ons nie ‘n seën vir die nasies is nie? Wat doen ons met ons verlies?

    Langs die riviere van Babel...